top of page

Personeel

 
Ontmoet die Bambi familie
Vivienne - Babas & peuters

 

 

 

Tannie Vivienne of "Ouma" soos wat die meeste peuters haar noem, het 14 jaar ondervinding in baba en peuter sorg. Sy sien elke kleintjie as haar eie en sorg dat elke klein lyfie hope aandag kry.

Annatjie - Bokkie klas

Juffrou Annetjie is in beheer van die Gr R klas (5 - 6 jaar). Sy is n' vrolike mens wat maklik lag en behandel elke kleuter baie liefdevol maar tog streng om seker te maak dat die outjies gereed is vir die "groot skool". Sy sien die potensiaal in elke mensie raak!

Rina - Naskool

Monique - Bytjie klas

Juffrou Monique kyk na die 4 -5 jarige ouderdomsgroep. Sy het in Januarie 2015 by ons aangesluit en beskou haar as n' absolute aanwins tot die Bambi familie. Sy onderrig haar klas met passie.

Santa

Santa is die alleeneieraar en hoof van Bambi Kleuterskool. Sy het die skool in 1985 begin en met 30 jaar se ondervinding in kleuter opvoeding kan daar opreg gese word dat dit haar passie is.

Susan - Skilpad klas

Juffrou Rina is al meer as 10 jaar deel van die Bambi familie waar sy met ons naskoolse outjies werk. Sy doen haar werk met nougesette geduld en die kinders geniet om met haar te gesels.

Juffrou Susan verleen haar sagte natuur aan die 3 - 4 jaringe ouderdomsgroep en is baie lief vir elke lyfie in haar klas. Elkeen is soos haar eie kind.

© 2015 by Bambi Kleuterskool en Nasorgsentrum.

Proudly created with Wix.com

bottom of page